Byna R1 m. se dagga in dak en onder grond ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Kakamas het Donderdagoggend vroeg altesaam 38 kg se dagga op ‘n perseel gekonfiskeer.

Kapt. CJ Prins, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 00:30 vanoggend die perseel deursoek. Die dagga was in die plafon van die perseel en onder die grond in die tuin begrawe.

Twee manlike verdagtes is op ‘n aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel