Hettie se 1111-koek

Deel hierdie storie / Share this story

Ons deel Hettie se resep vir ‘n 1111-koek.

Bestanddele:

1 k klapper
1 k melk
1 k strooisuiker
1 k bruismeel
3/4 k bevrore gemengde bessies van jou eie keuse

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voeg alles bymekaar en meng. Skep uit in ‘n 20 cm-losboom-koekpan wat met bakpapier gevoer is en bak vir 45 minute.

Versiersel:

3/4 koppie room
3/4 koppie versiersuiker
3 druppels rooi voedselkleursel
3 druppels vanieljegeursel
Klop die room styf saam met die kleursel en geursel. Sif die versiersuiker bo-oor en klop deur. Versier die koek daarmee.

Plasing & Foto: Hettie Bezuidenhout / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel