‘n Klomp kinders by ‘n laerskool in Shoshanguve, in die Noorde van Pretoria, is gister deur bye op die skoolperseel gesteek.
Netcare 911 is na die toneel ontbied. Na bewering het hulle inligting ontvang dat ‘n klein groepie kinders ‘n byenes in ‘n boom versteur het.
Die woedende swerm bye het glo “in ‘n wolk” die kinders sowel as ander op die skoolperseel begin steek.
Netcare 911 sowel as Gauteng se provinsiale ambulansdiens was op die toneel.
Mediese personeel het ongeveer 161 kinders geasesseer wat deur die bye gesteek is.
Die kinders is eers op die toneel behandel voordat hulle na hospitale geneem is vir verdere hulp.
Lees ook:
FiND iT het na die Gauteng Onderwys Departement uitgereik vir kommentaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



