‘n Vyfjarige van Glendale area is Woensdagaand vir ernstige beserings behandel nadat ‘n hond hom aangeval het.
Die kind het volgens IPSS Medical Rescue ernstige bytwonde opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is.
Die gemeenskap het vermoed dat die hond hondsdolheid gehad het en daar word tans na die hond gesoek om hom te toets.
Die polisie was op die toneel.
FiND iT het die polisie gekontak vir meer inligting.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



