‘n Beloning van R50 000 is deur die polisie in die Noord-Kaap aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van Tankiso Ester Tawanyeane van Lethabo Park in Roodepan, Kimberley.
Drie mans het Tawanyane na bewering op 7 Oktober verkrag en aan die brand gesteek.
Volgens Kgomotso Magonare was die moord ‘n haatmisdaad omdat haar suster deel van die LGBTQI+-gemeenskap was.
Enigeen met inligting kan AO Lesego Olifant by 082 495 4605 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



