Die ondersoek na die Voëlklip-tragedie waarin ‘n vrou en haar twee kinders dood is, duur voort.
Heidi Scheepers en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6,) het in Oktober 2019 in ‘n Volkswagen Caravelle oor ‘n afgrond in die see gestort.
Die motor is op 23 Oktober gevind.
Hugo was steeds in sy karstoeltjie toe hy op 24 Oktober gekry is, maar sy sussie Cozette se liggaam is nooit gekry nie.
Volgens kapt. Malcolm Pojie is die saak nog nie afgehandel nie.
Dit sal Saterdag, presies drie jaar sedert dié tragedie wees. Die Voëlklip-krans is nou al berug weens die lewensverlies wat al daar plaasgevind het.
Bertus van Niekerk van George se motor het op 1 September oor die krans gestort. Hy is op die toneel dood verklaar.
‘n Egpaar van Heroldsbaai, Ren en Leonie van Dyck, is in April vanjaar met skietwonde op ‘n bankie by ‘n uitkykpunt gevind. Ren het na bewering homself geskiet en toe vir Leonie. Die egpaar het ‘n briefie gelos.
Jo-Anne Lourens (57) se motor is in Maart vanjaar by dieselfde plek as Conrad Maree (33) se bakkie in Februarie gevind. Beide het by die afgrond afgery.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



