Die man (94) wat bekend was as “die wêreld se vuilste man” is oorlede slegs ‘’n paar maande na hy vir die eerste keer in 60 jaar gebad het.
Volgens The Guardian is Amou Haji, wat bang was vir water, Sondag in Dejgah, Iran, oorlede.
Haji het gesê hy wil nie bad nie, want hy is bang hy gaan “siek word”.
Vir jare het gemeenskapslede vir Haji probeer kry om te bad en ’n paar maande gelede het hy uiteindelik ingestem.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie.
Bronne: IOL, Fox News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man in hegtenis vir poging tot ontvoering in Jerusalem



