‘n Man is Dinsdag in Jerusalem in hegtenis geneem na hy ‘n 11-jarige meisie probeer ontvoer het en onsedelike dade met haar wou pleeg.
Die meisie en haar jonger broer het gewillig in die man se kar geklim toe hulle hom gevra het om hulle iewers af te laai. Die man het die broer laat uitklim by die bestemming, maar het weggery terwyl die meisie nog in die kar was.
Die man het glo die kar gestop en onsedelike dade met die 11-jarige probeer uitvoer, maar sy het ontsnap en weggehardloop.
Die verdagte is in hegtenis geneem en ondervra. Die Israeli-polisie gaan glo sy arrestasie probeer verleng kry.
Bronne: The Jerusalem Post, MSN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



