Die Paralimpiese-atleet, Oscar Pistorius, se hofaansoek is verwyder en geen parool sal voor April 2023 toegestaan word.
Dit volg na sy aansoek van sy regspan in die hooggeregshof in Pretoria om die paroolowerhede te oortuig om Oscar voor die paroolraad te bring.
Julian Knight, Pistorius se regsverteenwoordiger, het die nuus Maandag aan Netwerk24 bevestig.
Volgens Knight sou die saak Vrydag voorgekom het, maar dit is van die hofrol verwyder.
Hy wou nie uitbrei oor die redes nie en het glo gesê daar sal later in die week ‘n amptelike aankondiging gemaak word
Pistorius dien tans ‘n vonnis van 13 jaar uit nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Volgens Pistorius het hy haar as ‘n inbreker aangesien.
Hy is die afgelope vyf maande in die Atteridgeville-tronk in Pretoria.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



