Peyton Solomons (12) van Kylemore wat reeds in die Boland se o. 12-rugbyspan opgeneem is, is ook nou amptelik deel van die Sharks nadat hulle hom ‘n volle beurs aangebied het.
Kylemore RFC het die aankondiging op hul Facebook-blad gemaak.
“Koekoe en Steven se trots, speel dalk een van die dae in Sharks-wêreld!”
Die 12-jarige wat ‘n ster genoem word, leef enige jong rugbyspeler se droom deur die beurs wat hy verwerf het.
Volgens sy ma is hierdie veelsydige speler, wat vir vleuel, senter en heelagter kan uitdraf, eers na verskeie proewe in Drakenstein en Boland genooi voordat hy deur Sharks-talentsoekers raakgesien is.
“Peyton is ‘n volle beurs aangebied om van volgende jaar af by die Sharks in Durban aan te sluit.”
Hy sal egter eers kan speel wanneer hy 14 is.
Die plan is dat hy volgende jaar vir St. Charles College by Cravenweek gaan uitdraf en die jaar daarna wanneer hy 14 is, sal hy die Sharks verteenwoordig.
Sy ouers, twee broers en twee susters wat in die Kaap agterbly sê hulle sal hom mis, maar hierdie is sy geleentheid.
Hy het voor skool begin rugby speel in die pad en beskou Herschel Jantjies, wat ook van sy tuisdorp af kom, as sy rolmodel.
Lees ook:
Bronne: Adnaan Mohamed, Son en Kylemore RFC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



