Die Australiese brandbestryders se kalender het hierdie jaar hul 30 jaar van publikasie gevier.
Hulle het meer onlangs op die Kelly Clarkson Show gekuier. Kyk maar self.

Die doel van die inkomste wat hulle uit die verkoop van die kalenders kry, is om verskeie liefdadigheidsorganisasies te ondersteun.
Die kalenders het vanaf 1993 $3.2 miljoen en sedert 2015 $1 miljoen ingebring.
“Die donasies het gegaan aan die Australian Childrenʼs Hospital Foundation, Childrenʼs Hospital by Westmead, Sydney Childrenʼs Hospital Foundation se brandwondeenheid, Starlight Childrenʼs Foundation, Mates For Mates, Royal Far West en die Australia Zoo Wildlife Warriors.
Die brandwond-eenheid is die grootste pediatriese eenheid in Australië en het slegs verlede jaar meer as 1 600 kinders behandel.
Die geld wat deur die brandbestryders ingesamel word, help brandwond-eenhede regoor Australië om toerusting aan te koop en hul spanne te vergroot vir navorsing en kliniese proewe.
So wanneer jy die video’s en foto’s op hul Facebook-blad bekyk, moet jy onthou dit gaan daaroor om liefdadigheid en kinders te bevoordeel.
Die 2023-kalender saam met diere is reeds bekendgestel en reg om regoor die wêreld gestuur te word.
As mans dus ‘n geskenk soek vir Vroulief vir Kersfees, hier is een wat ‘n hele jaar lank sal hou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



