Vermis: help om Yolande met George te herenig

Deel hierdie storie / Share this story

Yolande Edna de Kock( 34) is Sondag 23 Oktober om ongeveer 09:00 laas in die Crosby-omgewing in Johannesburg gesien.

“Ek was net badkamer toe en toe ek terugkom, was sy weg,” verduidelik die vermiste vrou se emosionele man, George, aan FiND-iT nuus.

George het gisteraand saam met die GPF rondgesoek, maar kon nie sy vrou opspoor nie. Sy gebruik medikasie vir epilepsie.

Sy was geklee in ‘n swart langbroek en blou T-hemp. Sy het bruin oë en bruin skouerlengte hare. Sy is ongeveer 1,4 meter lank en weeg ongeveer 68 kg.

Sy het ‘n uitkenbare geboortemerk op haar linkerbeen wat ongeveer 20 cm lank is.

Enige persoon met inligting van waar sy haar bevind, kan kontak maak met die volgende persone.

Eggenoot: George de Kock by 083 986 3820

Pa: Hugo by 084 310 3313

Ma: Annemarie by 061 813 7511

Sy is by Brixton-SAPD as vermis aangemeld met VB-nommer 2185/10/2022

Kontak die polisiestasie by 011 248 5500 of stuur anonieme WhatsApp or SMS na 082 443 2245.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.