Tenkwa met Malawiese immigrante op pad na Suid-Afrika in Mosambiek onderskep

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tenkwa met ongeveer 87 Malawiese immigrante, wat na bewering op pad was na Suid-Afrika, is deur polisie in Mosambiek onderskep.

In die video wat op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe die immigrante uit die tenkwa klim.

Die tenkwa is net na die Luwenya-brug in Mosambiek deur verkeerspolisie gestop, waarna die bestuurder gevra is om sy lisensie te wys. Hy het dit oorhandig en daarna glo in die bosse ingehardloop.

Die verkeersbeampte was verras, maar meer so toe die immigrante in die tenkwa na buite begin loer omdat hulle nie ry nie en hul warm gekry het.

Die immigrante is tans in aanhouding in Mosambiek.

Lees ook hier https://find-it.co.za/2022/10/25/vermis-help-om-yolande-met-george-te-herenig/

Bronne: Malawi24 en FlyingNews Liver Update

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.