Russiese oligarg se superseiljag op pad na SA – Kaapstad se burgemeester probeer keer

Deel hierdie storie / Share this story

Aleksei Mordasjof, gesanksioneerde Russiese oligarg en derde rykste persoon in Rusland, se superseiljag van R9 biljoen is onderweg na Suid-Afrika. Daar word gepoog om die binnekoms in Suid-Afrika te keer.

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het minister Pandor gevra om die jag te keer om Kaapstad-hawe binne te kom en te dok.

“Daar is geen plek in ons stad vir medepligtiges en dié wat Poetin se oorlog moontlik maak nie.”

Die seiljag het ‘n kort stop in Hong Kong gehad waarna hy nou na Suid-Afrikaanse waters beweeg. Daar word verwag die seiljag sal op 9 November in Kaapstad aankom.

Dit sal die eerste keer wees dat ‘n Russiese vaartuig Suid-Afrika as bestemming kies.

Die seiljag, Nord, wat voorheen al na die Maldives en Seychelles gevaar het, is 141 meter lank, het twee helikopter-landingstroke en ‘n swembad.

Lees ook Ontvoering: R5 miljoen losprys geëis vir munisipale bestuurder en haar motorbestuurder

Bron: Popular Mechanics SA en Marine Insight

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.