Hof beslis in guns van Mpho Phalatse

Deel hierdie storie / Share this story

Die Johannesburgse hooggeregshof het in die guns beslis van Mpho Phalatse, wat haar afdanking as burgemeester van Johannesburg betwis het.

Die hof het verklaar dat die raad se mosie van wantroue teen Phalatse onwettig, ongrondwetlik en ongeldig was.

Die Johannesburgse hooggeregshof het ook bevind dat die verkiesing van Dada Morero as burgemeester van Johannesburg onwettig, ongrondwetlik en ongeldig was.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het verlede week aangevoer dat die besluit deur Colleen Makhubele, speaker van die Johannesburgse Raad, om twee dae ná haar verkiesing verlede maand ’n buitengewone raadsitting byeen te roep, onwettig was.

Dit is omdat ’n programmeringskomitee wat die besluit geneem het om die sitting te hou nie die sitting behoorlik gekonstitueer het volgens die vereiste kworum nie.

Die hof het dus bevind dat die uitsetting van Phalatse as burgemeester tydens ‘n onwettige byeenkoms plaasgevind het en onwettig verklaar is.

Phalatse het Dinsdag se hofuitslag gevier en dit ‘n oorwinning vir demokrasie genoem.

Bronne: Eyewitness News, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man in gesig gesteek met gebreekte bierbottel by Margate-taverne