Volgens die Netcare 911-woordvoerder, Shawn Herbst, is paramediese dienste ontbied ná ‘n taverne na ‘n woordewisseling tussen twee mans in ‘n geveg geëindig het.
‘n 30-jarige man het ernstige wonde opgedoen na hy verskeie kere in die gesig met ‘n bierbottel gesteek is.
Hy is op die toneel behandel voor hy na ‘n hospitaal geneem is.
Die polisie is glo besig om die saak te ondersoek.
Bronne: IOL, News365
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Drie dood in skoolskietery in VSA



