‘n Gewapende man het Maandag by ‘n hoërskool in St Louis, Missouri VSA, ingebreek en verskeie mense geskiet.
‘n Onderwyseres en tienermeisie is dood en ses ander is gewond. Die skieter is deur die polisie doodgeskiet.
Die onderwyseres is geïdentifiseer as Jean Kuczka (61) en die tienermeisie as Alexis Bell.
Die skieter was Orlando Harris (19). Hy het glo verlede jaar by die skool gegradueer.
Daar was sewe sekuriteitswagte by die skool se deure. Een van hulle het opgemerk dat ‘n man by een die deure probeer inkom. Hy het die skoolhoof in kennis gestel en seker gemaak die polisie word gekontak.
Bronne: Euro News, World Socialist Website
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Slagoffers van skoolskietery na Moskou vir behandeling



