Vyfjarige dood ná hek op haar val by skool

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Graad R-leerder is dood nadat ‘n hek by die skool op haar geval het.

Volgens ‘n polisieverklaring is Melokuhle Mbonani (5) Donderdag oorlede nadat sy by die skoolhek beseer is.

Die skoolhek by Laerskool Ematjeni het glo van die reling af gegly en die leerder se dood veroorsaak.

Volgens Kraaifontein News is met Mbonani na ‘n nabygeleë kliniek gehaas, maar het sy het ongelukkig aan haar beserings beswyk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel