Man aangekla van ontvoering misbruik glo kerk se adres

Deel hierdie storie / Share this story

Die staat is besig om ‘n alternatiewe adres ter voorbereiding van sy komende borgtogaansoek vir ‘n 22-jarige man te verifieer. Hy word aangekla van die beweerde verkragting en ontvoering van ‘n 16-jarige.

Daar is Woensdag in die Pinetown-landdroshof beweer dat dié adres dié van ‘n kerk was waarvan die man se pa ‘n gemeentelid is.

Die man, van KwaDabeka, sou na verwagting Woensdag om borgtog aansoek doen. Die verrigtinge is egter uitgestel vir die staat om ‘n alternatiewe adres – dié van die man se oom – te verifieer, aangesien mense wat by die voorgenoemde adres woonagtig is, hom nie daar wil hê nie.

Die man, wat na bewering die 16-jarige in Julie verkrag het, word ook aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Daar word beweer hy het die tiener met ‘n skroewedraaier gedreig en met ‘n besemstok en pyp geslaan.

Daar word verder beweer dat hy die tiener tot die oggend in sy kamer toegesluit het en geweier het om haar te laat gaan.

Bronne: IOL, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man in gesig gesteek met gebreekte bierbottel by Margate-taverne