Altesaam 1 614 verdagtes dié week in Limpopo vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Limpopo het die week altesaam 1 614 verdagtes tussen die ouderdomme van 21 en 51 jaar oud in dié provinsie in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sluit die misdade waarvoor die verdagtes in hegtenis geneem is, dwelmhandel, moord, veediefstal, die besit van onwettige sigarette, diefstal van motorvoertuie en verkragting in.

Altesaam 422 onwettige buitelanders is ook in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die veldtog 25 gevaarlike wapens, dagga, daggaplante, tik, Nyope, vuurwapens, drank, 61 messe en vier gesteelde voertuie gekonfiskeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel