Onderwyseres dans ‘on point’ op TikTok tot groot vermaak van haar leerlinge

Deel hierdie storie / Share this story
@mihle.za best teacher in the world😭🙏🏽#fyp ♬ Salary Salary – Robot Boii & Mellow & Sleazy & Soul Revolver

‘n Engelse vak-onderwyseres van Pretoria Girls High neem tot groot vermaak deel aan ‘n TikTok-dansuitdaging terwyl leerlinge haar afneem.

Die video het intussen viraal geraak en word wyd op sosiale media gedeel.

“Mev. Dee Bullock” soos wat daar na haar verwys word, word deur studente aangemoedig wat duidelik baie van hul onderwyseres en haar dansvernuf dink.

Terwyl sy die perfekte dans uitvoer, sonder om skaam te wees, wys elke emosie en gesigsuitdrukking dat sy wel verstaan waaroor die lied gaan waarop sy dans.

Dit word die “Robot Boii – Salary Salary-dansuitdaging” genoem.

Kommentaar op die video is dat die leerlinge kan hulle gelukkig ag om haar as ‘n onderwyseres te hê en dat hierdie video samehorigheid wat in hierdie land nodig is, wys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.