Bles Bridges, die bekende sanger wat op 24 Maart 2000 op Bloemhof in ‘n motorongeluk oorlede is, se gedenksteen is deur vandale geteiken.
Sunette Bridges, sy dogter, het in ‘n plasing op Facebook haar misnoeë oor die vandalisering uitgespreek.
“Dis hoe my pa se gedenksteen net buite Bloemhof tans lyk… En dit na al die werk wat die VF+ gedoen het om dit daar mooi te maak!”
“Dis so ongelooflik jammer dat ons met sulke mense moet saamleef, maar dit is soos dit is,” skryf sy. “Ek is nie heeltemal seker wat die arme siel probeer bereik het nie, want so mooi en kosbaar as wat daardie gedenksteen vir ons is, bly dit ‘n gedenksteen en al het jy, wie jy ook al is, dit nou loop en verwoes, sal jy nooit, in alle ewigheid, my pa se nalatenskap kan uitwis nie. Hy leef in ons harte en sy musiek is steeds in ons ore en dit sal nooit verander nie!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



