Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, Vrystaat, het hierdie video’s, waarin hul Vrydag, die laaste skooldag, afskeid van hul matrikulante geneem het, gedeel.
In die video’s groet die matrikulante hul skoolloopbaan, skool, onderwysers en vriende in trane, terwyl op party se gesigte dalk ‘n sweempie van verligting te sien is.
Die unieke tradisie wat hierdie skool het, is om elke leerling se kleurbaadjie na vyf jaar van hul skouers te verwyder terwyl hulle onder die vaandel van die skool deurstap en deur die lui van ‘n klok gegroet word.
“Die gr.8-Tralies begin hulle hoërskoolloopbaan by Sentraal deur onderdeur die vaandel by die skool in te stap, en hulle skoolbaadjie aan te trek.”
“Vandag, vyf jaar later, het die gr.12-Tralies onderdeur die vaandel uit Sentraal gestap, en hulle skoolbaadjies uitgetrek terwyl die klok gelui word.”
“I’m a Tralie till I die!”
Deel ook jou skool of kind se unieke skoolgroet met ons.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



