Helena se koejawel-kaaskoek

Deel hierdie storie / Share this story

Helena Botha deel met ons ‘n lekker vinnige resep vir koejawel-kaaskoek.

Bestanddele:

½ – 1 karamel swiss roll

2 houertjies volroom roomkaas

blikkie kondensmelk

125 ml vars suurlemoensap

1 blikkie ingelegde koejawels sonder sap

Metode:

Sny die swiss roll in wiele ‘n pak onder in die bak.

Klits die kondensmelk en suurlemoensap, sit eenkant.

Klits roomkaas tot glad.

Klits kondensmelkmengsel saam met roomkaas tot glad. Voeg dan die koejawels by.

Skep bo-op die rolkoek en versier soos jy wil. Helena gebruik sommer koekiekrummels.

Verkoel en geniet!