Akteur Eric Nobbs oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Eric Nobbs (68), bekende akteur van die SA-televisie-en filmverhoë is oorlede.

Die laaste rol wat hy vertolk het, was vir kykNET Homebrew Produksies se Lui maar op Belinda.

Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum het die slegte nuus gedeel en gesê die bekende akteur het sy professionele debuut in 1978 gemaak.

Hy was ook in rolle te sien in Boetie Gaan Border toe saam met Arnold Vosloo en in Ma-plotters.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.