Slegte nuus vir enigiemand wat dié jaar as Jeffrey Dahmer na ‘n Halloween-partytjie wou gaan… eBay het aangekondig dat hy die verkope van enige Jeffrey Dahmer-kostuums op sy webtuiste verban.
Die reeksmoordenaar en kannibaal Jeffrey Dahmer het in die laat 70’s tot vroeë 90’s verskeie mans vermoor en selfs van hulle geëet.
Die nuwe Netflix-reeks, Monster: The Jeffrey Dahmer Story, het onlangs die publiek weer geïnteresseerd gekry in die grumoorde wat Dahmer gepleeg het.
Baie mense oorweeg dus om nou Halloween-partytjies as Dahmer self by te woon.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



