Liz Truss bedank na slegs 44 dae as Britse premier

Deel hierdie storie / Share this story

Liz Truss het Donderdag as Britse premier bedank en is nou die premier wat die kortste tydperk nóg die pos in Brittanje beklee het.

George Canning was die vorige premier wat dié posisie gehou het. Hy was in 1827 vir 119 dae die minister voor hy oorlede is.

Truss was Brittanje se vierde premier sedert 2016.

Haar besluit volg na sy dit duidelik gemaak het dat sy nie die mandaat waarvolgens sy deur die Konserwatiewe Party verkies is, kan uitvoer nie.

Truss sal minister bly tot ‘n nuwe premier aangestel is. – Reuters

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel