Twee seuns is Donderdagmiddag dood en 58 ander ernstig beseer toe ‘n bus in Carletonville van die pad af en teen ‘n afdraand gerol het.
Volgens ER24 was paramedici omstreeks 16:00 op die toneel. Die bus het gerol en ‘n groot aantal passasiers het uitgeskiet.
Twee seuns tussen 14 en 16 jaar oud is op die toneel dood verklaar.
Paramedici het ander beseerdes op die toneel ondersoek. Altesaam 58 kinders tussen 12 en 18 jaar oud is vir beserings behandel.
Die omstandighede oor die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



