Reënboog-voetoorgang in Kaapstad: ‘Ons verwelkom diversiteit’

Deel hierdie storie / Share this story

Groenpunt in Kaapstad het nou Kaapstad se eerste reënboog-voetoorgang, die wêreldwye simbool vir die LGBTQIA+-gemeenskap.

Cape Town Pride Festival het foto’s van die kleurvolle oorgangspunt op Facebook gedeel.

Die voetoorgang is in Somersetstraat, tussen die Alfred- en Dixonstraat-kruisings in Groenpunt.

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill Lewis, het by die bekendstelling van die voetoorgang op 19 Oktober gesê Kaapstad is bekend vir sy lewendige LGBTQIA+-aandlewe en -gemeenskap.

“Ons wil hê almal moet welkom voel in ons stad waar ons diversiteit verwelkom en die voetoorgang sal help om hierdie boodskap te versprei.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel