Altesaam 36 250 persone het reeds die Sizwe Kupelo-stigting se petisie geteken om eienaarskap van pitbullterriërs verbode te maak.
Dié welsynorganisasie van die Oos-Kaap sê hy het na “jare se verwoede aanvalle” op onskuldige inwoners en jong kinders besluit om die petisie te begin.
Die organisasie verwys op die webtuiste change.org na die onlangse dood van ‘n 10-jarige in Gelvandale, Gqeberha.
Die organisasie sê ook lande soos Rusland, Finland, Denemarke, Portugal en dele van Brasilië en Australië het reeds ‘n verbod of beperkinge op die eienaarskap of teling met dié honderas.
Die stigter van die organisasie, Sizwe Kupelo, vra nou dat die Suid-Afrikaanse regering dieselfde doen.
“Ons doen ‘n beroep op ander diereliefhebbers en organisasies om dieselfde te vra om meer druk op die regering te plaas om hierdie gevaarlike diere te verban.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



