Man vlug na hy sekuriteitswag in kop skiet by Hillstar-verkeersdepartement

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Geïrriteerde kliënt het ‘n sekuriteitswag met ‘n luggeweer in die kop geskiet by die Hillstar-verkeersdepartement in Ottery.

Die verdagte was glo kwaad omdat hy meegedeel is dat hy nie al die dokumente het om ‘n transaksie te voltooi nie.

Sekuriteitswagte is geroep na hy moeilikheid begin maak het. Die verdagte het na sy voertuig gegaan en met ‘n luggeweer teruggekeer. Hy het ‘n sekuriteitswag in die kop geskiet en gevlug.

Die verdagte se identiteit is bekend en ‘n polisieondersoek is aan die gang.

Bronne: IOL, African News Agency, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Liggaam van man dryf in Watville-dam in Benoni