Koffie-kaaskoek – resep

Deel hierdie storie / Share this story

As jy mal is oor kaaskoek en net so baie van koffie hou, is hierdie resep perfek vir jou!

Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40-45 minute
Verkoeltyd: 30 minute

KORS:

330 g brosbroodbeskuitjies, gekrummel
55 g botter, gesmelt
30 ml (2 e) koffielikeur

VULSEL:

3 houers (230 g of 250 g elk) roomkaas
1 houer mascarponekaas
200 ml suiker
30 ml (2 e) koffielikeur
10 ml (2 t) koffiepoeier
3 eiers
60 ml koekmeel

BOLAAG:

250 ml (1 k) donkersjokoladeskyfies
80 ml (1∕3 k) room
30 ml (2 e) sterk koffie

METODE:

Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas ’n pan met water onder in die oond.
Voer ’n 22 cm-veerklamppan uit met bakpapier en smeer die papier.

KORS:

Meng die krummels en gesmelte botter deeglik en roer die likeur by. Druk die kors op die boom van die voorbereide pan vas.

VULSEL:

Meng die roomkaas, mascarpone en suiker tot baie glad. Meng die likeur en koffiepoeier en meng dit by. Voeg die eiers en meel by en roer dit stadig by tot net gemeng. Giet die mengsel in die voorbereide kors. Bak 40- 45 minute of tot net gestol. Maak die oonddeur oop, skakel die oond af en laat 20 minute in die oond afkoel. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Plaas minstens 3 uur in die yskas voor dit voorgesit word.
Bolaag: Verhit die sjokoladeskyfies, room en koffie en roer tot die sjokolade gesmelt het. Giet dit in ’n sigsag-patroon oor die koek.

Bron: Facebook Huisgenoot Wenrespte
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel