Werksgeleentheid: Produksiebestuurder by Wildeklawer Boerdery

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Weens uitbreiding is die volgende poste beskikbaar:

Produksiebestuurder:

Die pos behels:

  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verbouing van ons produkreeks
  • Die deurlopende optimisering van produksie prosesse
  • Die bestuur van `n afdeling, wat   insluit  middelvlak bestuur en operateurs
  • Die neem van verantwoordelikheid  vir toerusting verskaf
  • Integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde ‘n wêreldklas  produksie-eenheid daar te stel

Vereistes:

  • Toepaslike ondervinding van sowat 8 jaar in ‘n soortgelyke bestuurspos
  • ‘n Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Landboubestuur.

Sluitingsdatum 28 Oktober
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.


Stuur volledige CV aan: [email protected] of bel vir navrae: Theresa Lategan 053 531 9725.


Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

*Wil jy jou werksgeleentheid adverteer? Kontak [email protected].*