Die gewilde Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, het die radiostasie, HARTISSFM.COM, geprys omdat hulle teen Dis-Chem opgestaan het.
‘n Herrie het die afgelope paar dae op sosiale media losgebars nadat ‘n memorandum wat onder die werknemers van Dis-Chem versprei is, aangedui het dat die aanstelling en bevordering van wit persone verbied gaan word.
Dis-Chem het intussen die memo teruggetrek en verskoning gevra.
Dit volg nadat Solidariteit vandag ‘n regsbrief op Dis-Chem beteken het waarin geëis word dat die moratorium op die aanstellings van wittes teruggetrek word, anders gaan met ‘n hofsaak voortgegaan word.
“Alhoewel ons die terugtrek van die memo verwelkom, gaan ons doodseker maak dat die beleid, om ‘n moratorium op wittes te plaas, ook teruggetrek is. Indien nie, gaan ons voort met litigasie,” sê Solidariteit.




