Jy worstel dalk nog om op jou voete te kom na die inperkings en Covid-tydperk wat ‘n finansiële sowel as ‘n emosionele merk op alles en almal gelaat het.
Die land ervaar beurtkrag en wateronderbrekings, om nie eers van gebreke aan infrastruktuur en paaie te praat nie.
Dan is daar korrupsie deur die regerende hoogste gesag in die land, verkeersdruk wat toeneem en duur brandstof, wel alles wat aanhoudend duurder word.
Jy lees van boelies, kinders wat hul eie lewens neem, doodgemaak word, bendegeweld en ontvoerings.
Misdade neem toe en jou rol as ‘n volwassene raak al hoe moeiliker terwyl ‘n menigte mense die land verlaat.
Maar niks hiervan kry jou onder nie. Jy sien elke dag die mooi raak. Jy is ‘n pa wat ongeag wát opstaan en sterk bly vir jou familie en jou rol letterlik en figuurlik opneem, of ‘n mamma wat bly ondersteun, paai en moed inpraat terwyl jou pligte ophoop.
Praat saam en deel met ons hoe jy jouself en ander om jou positief hou.
Dink jy regtig die gras is groener aan die ander kant?
Hoe gaan dit werklik met jou?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



