Vier gevangenes is oorlede en 61 is beseer na ‘n brand by die Evin-gevangenis in Iran uitgebreek het.
Die Evin-gevangenis is gewoonlik die plek waar politieke gevangenes aangehou word. ‘n Gevangenisbron het aan die BBC gesê meer mense is dood as wat berig word.
Volgens mediaberigte was van die betogers wat aan die Mahsa Amini-optogte deelgeneem het in die gevangenis, maar die Iranse media het gesê die brand het niks met die optogte te doen nie.
Die goewerneur van Tehran het aan die Iranse media gesê die brand het uitgebreek na onluste tussen die gevangenes.
Bronne: Reuters, India Today
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kyk: Video’s wys glo sekuriteitsmagte in Iran skiet op mense vanaf trok



