Beeldmateriaal het op sosiale media versprei wat wys hoe Iranse sekuriteitsmagte glo op mense skiet met ‘n vuurwapen wat aan ‘n trok vas is.
In die video kan skote gehoor word terwyl mense van die voertuig af vlug in Baneh, Koerdistan.
Koerdistan is die afgelope maand geteiken toe optogte uitgebreek het na die dood van ‘n Koerdistan-Iranse vrou, Mahsa Amini, wat dood is na sy gearresteer is oor haar hidjab.
Ten midde van internet-onderbrekings is dit moeilik om ‘n akkurate dodetal te bepaal, maar volgens ‘n Iranse menseregtegroep is meer as 200 mense al dood sedert die optogte begin het.
Horrific video from earlier tonight that shows regime forces are now using heavy machine guns mounted on the back of a pick up van as they chase and shoot protesters. This happened in the city of Baneh, in Kurdistan province. #MahsaAmini #مهسا_امینی pic.twitter.com/cl1GJ9oRv6
— Bahman Kalbasi (@BahmanKalbasi) October 13, 2022
Bronne: BBC, A2Z Facts, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



