Woensdag is ‘n “groot ontwrigting” in internetdiens in Iran ervaar te midde van voortslepende optogte ná die dood van Mahsa Amini.
Volgens getuies het die internetonderbreking begin toe reëlings gemaak is vir ‘n optog om 12:00 te begin.
NetBlocks, ‘n voorspraakgroep, het gesê Iran se internetverkeer het tot sowat 25% gedaal vergeleke met die hoogtepunt, selfs tydens ‘n werksdag waartydens studente regoor die land in die klas was.
Ten spyte van die internetonderbreking en die teenwoordigheid van sekuriteitsmagte was daar steeds optogte met vroue wat skree: “Dood vir die diktator!”
Dit is onduidelik hoeveel mense dood is en hoeveel gearresteer is vandat die optogte begin het.
Bronne: Washington Times, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Video’s wys hoe Iranse tiener voor haar dood betoog



