Video’s wat aanlyn versprei is, wys glo hoe ‘n Iranse tiener betoog ure voor haar dood.
In die video staan ‘n tiener wat lyk soos Nika Shakarami (16) by ‘n asblik en verbrand haar hidjab op 20 September tydens ‘n optog.
Nika het later verdwyn na sy vir ‘n vriend gesê het die polisie jaag haar.
Die Iranse regering het beeldmateriaal vrygestel van ‘n vrou wat in ‘n systraat afloop en ‘n gebou binnegaan. Hulle het gesê dit is Nika en dit as bewys aangevoer dat sy nie dood is in die optog nie.
Haar familie het gesê hulle glo nie dat dit Nika is in die beeldmateriaal nie. Die regeringsbeamptes het gesê Nika is dood na sy van ‘n gebou wat onder konstruksie is, afgegooi is, moontlik deur werkers.
Haar familie glo egter sy is vermoor deur sekuriteitsmagte. Nika se familie het gesê dat hulle haar liggaam eers tien dae nadat sy verdwyn het, gekry het.
Haar ma het gesê haar broer en suster is gearresteer en gedwing om vals getuienis te lewer oor haar dood of hulle sou haar broer se 4-jarige in hegtenis neem.
Nika is nie die enigste jong meisie wat dood is in die Iran-optogte nie. Hadis Najafi (23) is tydens ‘n optog in Tehran op 21 September doodgeskiet.
Sarina Esmailzadeh (16) is glo deur sekuriteitsmagte op 23 September doodgeslaan.
‘n Kinderregtegroep het gesê 28 kinders is dood in die optogte en baie ander is gearresteer.
#Nika_Shakarami from another angle. pic.twitter.com/fegXE3RiNx
— Parham Ghobadi (@BBCParham) October 10, 2022
Bronne: BBC, Twitter, The Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte



