Drie mans van onderskeidelik 24, 30 en 32 jaar oud is Maandagaand in Harare doodgeskiet. Volgens die polisie is twee ander slagoffers, beide 30 jaar oud, in ‘n kritieke toestand na hulle skietwonde opgedoen het.
Onbekende verdagtes het na bewering ongeveer 20:05 die huis in Siphendule Crescent binnegegaan en op die verdagtes begin skiet. Na die skietery het die verdagtes glo, sonder om enigiets te steel, van die toneel gevlug.
Die twee beseerde slagoffers is in ‘n hospitaal opgeneem vir behandeling.
Die motief agter die moorde en pogings tot moord is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



