Harvey Weinstein weer in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die jurieseleksie het Maandag in die Los Angeles-verhoor van Harvey Weinstein begin. Vyf slagoffers sal glo na verwagting getuig teen Harvey Weinstein tydens die twee maande lange verhoor.

Weinstein is reeds gevonnis tot 23 jaar gevangenisstraf in New York na hy skuldig bevind is aan seksuele misdade.

Hy is op verhoor in Los Angeles vir nog 11 aanklagte. As Weinstein skuldig bevind word, kan hy tot meer as 100 jaar gevonnis word.

Ongeveer 90 vrouens, insluitend Angelina Jolie, Gwyneth Paltrow en Salma Hayek, het Weinstein beskuldig van seksuele teistering of seksuele aanranding.

Bronne: The News International, News24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Harvey Weinstein se hofsaak begin in Los Angeles