Die voormalige Hollywood-rolprentvervaardiger, Harvey Weistein, staan Maandag in Los Angeles tereg op 11 aanklagte van seksmisdade.
Harvey Weinstein is reeds in New York skuldig gevind op soortgelyke aanklagte en dien ‘n vonnis van 23 jaar uit.
Beskuldigings teen Weistein het in die vroeë dae van die #MeToo-beweging in Oktober 2017 uitgekom in die New York Times. Ongeveer 90 vroue het na vore gekom met beskuldigings teen Weinstein.
Maandag begin die keuring van die jurie by die hof in Los Angeles.
Die verhoor sal na verwagting twee maande duur. Weinstein, wat na verwagting onskuldig op al die aanklagte sal pleit, kan tot nog 140 jaar tronkstraf opgelê word.
Bronne: DW – South Africa, CBS News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Sowat 19 kinders dood in Iran-optogte



