Pa verkrag glo dogter

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is op vlug nadat hy op glo heterdaad betrap is dat hy sy vyf-jarige dogter in Tongaat, KwaZulu-Natal, seksueel aangerand het.

Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) het Sondagaand omstreeks 22:14 ‘n oproep ontvang oor die beweerde situasie.

Met hul aankoms op die toneel het die kind se 37-jarige ma die reaksiebeamptes in kennis gestel dat sy geslaap het toe haar besope man opdaag.

Haar tweelingseun en -dogter was ook saam met haar in die bed.

Sy het wakker geword en glo gesien hoe haar man haar dogter verkrag. Die vrou het hom van die kind af gedwing toe hy haar begin aanrand. Hy het toe uit die huis in ‘n onbekende rigting gevlug.

Die vrou het sedert die voorval verskeie hulpoproepe gemaak, maar het geen hulp ontvang nie. Sy het daarna ‘n opvoeder van haar dogter se skool gebel wat RUSA vir hulp gekontak het. ‘n Vroulike RUSA-lid het met die kind gepraat wat bevestig het dat haar pa haar seksueel aangerand het.

Die ma en dogter is na die Tongaat SAPD om ‘n saak teen die pa oop te maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel