Drie kinders tussen die ouderdomme van 5 en 6 jaar oud is gered na hulle op 6 Oktober vanjaar vanuit hulle huis verdwyn het.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die drie kinders het uit hulle huis in Darkcity, Praktiseer Village buite Burgersfort, vermis geraak.
Sers. Mahlatjie Nicodemus Letsoalo van die Tubatse-misdaadvoorkomingseenheid was nie aan diens toe hy omstreeks 18:00 ‘n oproep van ‘n gemeenskapslid ontvang oor die vermiste kinders nie.
Sers. Letsoalo het die saak sonder huiwering by die polisiestasie aangemeld.
Die polisie het met ‘n soektog in die area begin en sers. Letsoalo het die kinders omstreeks 19:45 by ‘n stortingsterrein 3 km van hulle huis af opgespoor.
Die kinders is veilig aan hulle versorger oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



