Sowat 19 kinders dood in Iran-optogte

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Menseregtegroep in Iran het gesê omtrent 185 mense, waaronder 19 kinders, is dood in die optogte daar.

Die optogte het gevolg na die dood van ‘n 22-jarige vrou in polisieaanhouding. Mahsa Amini is gearesteer omdat sy nie haar hidjab aangehad het nie en “onvanpaste klere” gedra het.

Die Iranse regering het gesê hulle glo die optogte is ‘n sameswering deur Iran se vyande, insluitend die VSA.

Talle vrouens het ook in die optogte omgekom, met nog geen einde in sig nie.

Bronne: Chronicle IU, The Wire

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Tiener se moord in Iran maak opslae