Tiener se moord in Iran maak opslae

Deel hierdie storie / Share this story

Die dood van die 16-jarige Nika Shahkarami, wat verdwyn het tydens ‘n optog in Tehran op 20 September, maak opslae terwyl die Iranse regering sê sy is nie doodgemaak deur hulle sekuriteitsmagte nie.

Nika se familie het gesê hulle is nie toegelaat om haar te begrawe op haar tuisdorp nie. Sy is op 3 Oktober, die dag waaroo sy 17 sou word, deur owerhede op haar buurdorp begrawe.

Haar tannie, Atash Shahkarami, en een van haar ooms is gearresteer. Agt mense is altesaam vir haar moord gearresteer.

Die familie het gesê toe hulle haar liggaam gesien het, was haar neus gebreek en haar skedel inmekaargeslaan.

‘n Lykskouing het “veelvuldige frakture … in die bekken, kop, boonste en onderste ledemate, arms en bene getoon wat daarop dui dat die persoon van ‘n hoogte af gegooi is,” het die Teheran-regsbeampte, Mohammad Shahriari, gesê.

“Geen koeëlmerke is gevind nie … en die bewyse toon dat die dood veroorsaak is deur die persoon wat gegooi is,” het hy gesê en bygevoeg: “Die voorval het niks te doen met die onlangse steurings nie.”

Bronne: Iraqi News, Voice of America

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte