Twee gevonnis vir dwelmhandel en onwettige immigrasie

Deel hierdie storie / Share this story

Augustine Chekezile Ugwu (44) en Juliet Chioma Nwachukwo (44) het Woensdag in die Sasolburg-landdroshof verskyn en skuldig gepleit op aanklagte van dwelmhandel en onwettige immigrasie.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke, sê die polisie het op 17 Julie 2020 inligting ontvang oor die verdagtes wat met dwelms handel gedryf het by ‘n huis in Kalahari Villas, Vaalpark.

Lede van die Sasolburg K9-eenheid en die Valke het die inligting opgevolg en die huis gaan deursoek.

Polisie het dwelms en chemikalieë ter waarde van ongeveer R129 000 in die huis gevind. Die dwelms en twee voertuie, ‘n Hyundai en ‘n BMW, is gekonfiskeer en die verdagtes is in hegtenis geneem.

Ugwu is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook twee jaar tronkstraf opgelê vir onwettige immigrasie. Nwachukwo is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog van paspoortpapiere en twee jaar vir onwettige immigrasie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel