Will Smith se kanse om ‘n Oscar te wen vir sy optrede in sy nuwe film Emancipation is skraal met die lede van die Academy Awards wat nie kan ooreenstem of hy genomineer kan word nie.
Will Smith het Chris Rock vroeër die jaar geklap by die Oscars ná Rock ‘n grap oor Smith se vrou se kaalkop gemaak het.
Sommige lede van die Academy Awards voel dat hy nie genomineer moet word nie, omdat hy Rock geklap het en ‘n skandaal veroorsaak het. Ander lede voel sy nominasie moet baseer word op sy optrede en niks anders nie.
Smith het herhaaldelik om verskoning gevra na die klap en probeer uitreik na Rock.
Bronne: IOL, Citizen Tribune
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Ek is verskriklik berouvol’: Will Smith vra om verskoning oor Oscars-klap



