Die akteur, Alec Baldwin, het ‘n siviele skikking bereik met die familie van die vrou wat hy verlede jaar per ongeluk op die Rust-filmstel doodgeskiet het.
Baldwin het ‘n Colt-geweer vasgehou tydens ‘n repetisie vir Rust toe ‘n rondte afgevuur is wat die 42-jarige kinematograaf Halyna Hutchins en regisseur Joel Souza getref het. Hutchins het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Besonderhede van die skikking is nie openbaar gemaak nie.
Produksie van die fliek sal in Januarie hervat, het rolprentmakers Woensdag in ‘n verklaring gesê, met Hutchins se man, Matthew Hutchins, wat die rol van uitvoerende vervaardiger opneem.
Bronne: Israel National News, Bloomberg
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Alec Baldwin versoek dat siviele saak laat vaar word



