Beloning aangebied vir vermoedelik gesteelde honde

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beloning van R2 000 word aangebied vir ‘n Jack Russell en ‘n husky wat vermoedelik Maandagaand uit ‘n erf in Carters Glen in Kimberley gesteel is.

Daleen Hugo, die eienaar van die twee tefies, sê hulle was nie tuis nie. Daar was persone wat na die honde gekyk het.

Die husky, Zia, en die Jack Russell, Bubbles, is Maandagmiddag ongeveer 15:00 laas gesien. Hulle was Dinsdagoggend skoonveld.

“Ons vermoed hulle is oor die muur getel,” sê Hugo.

Sy sê daar is geen spore nie, die hekke was nie oop nie en daar was niks abnormaal in die huis nie.

Sy sê daar is ‘n beloning van R2 000 vir enigiemand wat Bubbles en Zia aan haar kan terugbesorg.

Enigiemand met inligting kan Hugo by 084 207 0587 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel